Ek Rig My Oë

ROBBIE WESSELS

Ek rig my oë weer na die son
Na ‘n donker seer seisoen
Ek tel myself op uit die as
Om my met myself weer te versoen

Ek weet ek loop nie meer alleen nie
Ek loop die pad nou saam met jou
Ek weet ek moet nie op jou leun nie
Ek moet saam met jou vertrou

Ek rig my oë weer na die son
Ek sien die as daarna die vuur
Ek sprei my vlerke saam die wind
Hang die verlede teen die muur

Hierdie tydelike seerkry
Dit gaan mettertyd verby
Dan lê die liefde en die lewe
Daar voor vir jou en my

Want jy tel my op
Jy dra my las
Jy ken my seer
Jy hou my vas

Jy los my nooit nie
Jy bly verstaan
Ek en jy sal
Ver kan gaan

Soos die nuwe dag begin
Beleef ek nog ‘n donker uur
En soos my hart jou meer bemin
Begin die liefde aan my skuur

Ek weet ek is nie meer alleen nie
Maar ek voel nog steeds benoud
Want die pyn van die verlede
Hou my hart nog koud

Ek raak bewus van al my vrees
Soos ek nader aan jou gaan
Ek stoot jou weg met al my seer
Totdat jy in ‘n hoek bly staan

Weet ek gaan jou nie verloor nie
Tog bly my hart so insecure
Ek weet ons voel mekaar nie nou nie
Maar dit sal kom as ons een deel

Jy tel ons op
Jy dra ons las
Jy ken ons seer
Jy hou ons vas

Jy los ons nooit nie
Jy bly verstaan
Ek en Jy sal nooit vergaan

Jy tel ons op
Jy dra ons las
Jy ken ons seer
Jy hou ons vas

Jy los ons nooit nie
Jy bly verstaan
Ek en jy sal nooit vergaan

So staan hier langs my my nooi in wit
Ek wag al soveel jare lank vir jou
Kom staan hier langs my my nooi kom sit
Ek smag al ongelooflik lank vir nou lank vir nou

Jy tel ons op
Jy dra ons las
Jy ken ons seer
Jy hou ons vas

Jy los ons nooit nie
Jy bly verstaan
Ek en jy sal nooit vergaan

Jy los ons nooit nie
Jy bly verstaan
Ek en jy sal nooit vergaan
Ek en jy sal nooit vergaan

Trivia about the song Ek Rig My Oë by Robbie Wessels

When was the song “Ek Rig My Oë” released by Robbie Wessels?
The song Ek Rig My Oë was released in 2017, on the album “Woestyn”.
Who composed the song “Ek Rig My Oë” by Robbie Wessels?
The song “Ek Rig My Oë” by Robbie Wessels was composed by ROBBIE WESSELS.

Most popular songs of Robbie Wessels

Other artists of Middle of the Road (MOR)