Wit Kruise

RUDI CLAASE

Dis 'n bloed rooi nag en daar is bloed op iemand se hande
Die dinge soos hier gebeur baie min in ander lande
Die mense wat voedsel vir ons gee, gee kos vir my siel
Hoekom het hierdie skadus my liefde so verniel?

Ek plant 'n wit kruis vir jou want die Here sal jou naam onthou
En die Here weet dat ek jou ewig sal onthou
Ek plant 'n wit kruis vir jou omdat ek oor jou huil
Waar het die donker nagte in die nag in jou huis geskuil?

In jou laaste goodbye was ek seker my hart het gebewe
Want die siel weet as die grys deur toemaak vir 'n lewe
Want my siel kan nie glo voor my oë slat die hart van 'n kind
En haar ouers ook hard aan die hand van die dood vas gebind

Ek plant 'n wit kruis vir jou want die Here sal jou naam onthou
En die Here weet dat ek jou ewig vas sal hou
Ek plant 'n wit kruis vir jou omdat ek oor jou huil
Waar het die donker nagte in jou mooie huis verskuil?

Ek plant 'n wit kruis vir jou want die Here sal jou naam onthou
En die Here weet dat ek jou ewig sal onthou
Ek plant 'n wit kruis vir jou

Ek plant 'n wit kruis vir jou want die Here sal jou naam onthou
Ek plant 'n wit kruis vir jou omdat ek jou ewig vas sal hou
Ek plant 'n wit kruis vir jou omdat ek oor jou huil
Waar het die donker nag in jou mooie huis verskuil?
Verskuil

Most popular songs of Rudi Claase

Other artists of Middle of the Road (MOR)