Kinders Van Die Wind

Koos du Plessis

Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en weë
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see

Woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
'n Baie ou verhaal

Van swerwers
Sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik
Was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte
Drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n Kind kon raai

Van swerwers
Sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Van swerwers
Sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Trivia about the song Kinders Van Die Wind by Ruhan Du Toit

When was the song “Kinders Van Die Wind” released by Ruhan Du Toit?
The song Kinders Van Die Wind was released in 2020, on the album “Monumentaal”.
Who composed the song “Kinders Van Die Wind” by Ruhan Du Toit?
The song “Kinders Van Die Wind” by Ruhan Du Toit was composed by Koos du Plessis.

Most popular songs of Ruhan Du Toit

Other artists of Afrikaans