Lenie Blou II

JAKOBUS WILHELMUS VAN DER MERWE, ALBERTUS CHRISTIAAN LOD

Hey
My Lenie Blou
Ek wonder of jy hierdie man onthou

Ek sien jou in die blare
Ek sien jou in die vou
Van my Bybel
Jy was my Bybel

Kan jy dit voel?
Ek is vyftien meter weg
Ek weet jy't dit bedoel
Ek is vyftien meter
En 'n leeftyd weg

Sy sit haar lamp af
Sy verdwyn, gaan jy so wag
Tot jou oudag?
Ek ry verby
Net soms in die laatnag
En ek baklei
Al my duiwels, elke Vrydag
Vir hierdie mense

Die wintervalke
Maak nog nes in my huis
In die balke
Elke keer as ek iets sien
In die lug
Hoop ek dis jy
Uit 'n leeftyd terug

Wel, kan jy dit voel?
Ek is vyftien meter weg
Ek weet jy't dit bedoel
Ek is vyftien meter
En 'n leeftyd weg

Hallo, my mantel (Hallo, my mantel, hallo, my mantel)
Hallo, my rivier
Als het nou jonk geword
Want jy's nou hier

Hallo, my mantel
Hallo, my rivier
Als het nou jonk geword
Want jy's nou hier

Trivia about the song Lenie Blou II by Spoegwolf

When was the song “Lenie Blou II” released by Spoegwolf?
The song Lenie Blou II was released in 2020, on the album “See”.
Who composed the song “Lenie Blou II” by Spoegwolf?
The song “Lenie Blou II” by Spoegwolf was composed by JAKOBUS WILHELMUS VAN DER MERWE, ALBERTUS CHRISTIAAN LOD.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of