Sing Vir Jou
Ek skryf vir jou al gaan jy nie lees nie
Want die skadus praat al weer met my
En ek draai my rug want jy's nie meer hier nie
Maar die seerste steek haal my weer in
En dis hoe hierdie brief begin
Die klank van geluk soos ek deur die strate stap
Ek sien 'n pa met sy kind op sy skoot liefde gevind
En ek glimlag sag maar die trane vloei alweer
Want dis wat ek begeer ek weet jy het jou bes probeer
Jy het hard gewerk maar jou weg wees los 'n merk, en ek sê dankie Dad
Maar dis jy wat ek wou hê
Ek sing vir jou al gaan jy nie hoor nie
Dit is my berus
Dit is hoe dit is
En as ek iets vir jou kon sê sou ek sê dis ok
Want ek kan voor my kyk
Ek het geleer hier uit
Ek vind my pad uit die doolhof op nuwe grond dans ek vry
Ek wens jy kon aanskou ek doen dit waarvan ek hou
Jy het 'n mooi klein kind in wie ek soveel vreugde vind, en ek sê kyk net Dad
Ek het als wat ek wou hê
Ek sing vir jou al gaan jy nie hoor nie
Dit is my berus
Dit is hoe dit is
En as ek iets vir jou kon sê sou ek sê dis ok
Want ek kan voor my kyk
Ek het geleer hier uit
Ek vind my pad uit die doolhof op nuwe grond dans ek vry
Ek vind my pad uit die doolhof op nuwe grond dans ek vry
Ek sing vir jou
Al gaan jy nie hoor nie