Skree

CHRISTELLE COMBRINK, JAKE ODENDAAL, ROUXAN CLOETE

Sien hoe skyn die maan
Oor die branders van die see
Voel die rotse stewig staan
Om ‘n wankeling 'n vesting te gee

Ek voel die golwe in my breek
En ek skree, skree, skree
Ek verloor beheer
Want ek gee, gee, gee
Ek is leeg van weer probeer

Gee my net ‘n oomblik om in te neem
Ek is al te lank van myself vervreem
En ek skree, skree, skree

Soos die korrels van die sand
Wyl dit deur my vingers gly
Het ek soveel tyd verloor
Ek knip my hande toe genoeg is genoeg

Die gety begin weer dryf
En ek skree, skree, skree
Ek verloor beheer
Want ek gee, gee, gee
Ek is leeg van weer probeer

Ek vat hierdie oomblik om in te neem
Ek is al te lank van myself vervreem
En ek skree, skree, skree
Oor die see

Vul my hart met die oorvloed wat ek eens geken het ek's moeg om net net te oorleef
Was die sout uit my oë dat ek net weer kan sien

En ek skree, skree, skree
Ek verloor beheer
Want ek gee, gee, gee
Ek is leeg van weer probeer

Ek vat hierdie oomblik om in te neem
Ek is al te lank van myself vervreem
En ek skree, skree, skree

Trivia about the song Skree by Stella

Who composed the song “Skree” by Stella?
The song “Skree” by Stella was composed by CHRISTELLE COMBRINK, JAKE ODENDAAL, ROUXAN CLOETE.

Most popular songs of Stella

Other artists of Pop rock