Vir Ewig Is Nou
Ek onthou nog die eerste soen
My lippe bewe, soos jy dit doen
Jou klein hande, styf om my nek
Dit was net jy...net jy en ek
Jy los my nog asemloos
cs ek vir jou kyk ruik dit net soos
‘n diep gebed
‘n son droom... net ons
Jy is die rede vir staan en baklei as ek val
Ek's ‘n beter mens as wat ek was by myself
Jy's my simfonie, wat my lewe laat lag,
Laat buig, en laat huil
Ek word klei, ek word sag
Ek word bang as jy smile
Maar ek weet ek's ok, ek's by jou ... jy by my
Tyd's verby om alleen aan ‘n huisie te bou
Ek vertrou
Ons is saam
Vir ewig is nou
Nou wil ek jou styf vashou
My liggaam ruk as ek jou voel
Jou asem teen my hart se spieël
Jy't my hart... my hart en siel
So loop saam jy moet vasklou
Ek sien my kinders in jou blou oë
Daar is niks wat ons keer
Ons gee meer en meer en meer
Jy is die rede vir staan en baklei as ek val
Ek's ‘n beter mens as wat ek was by myself
Jy's my simfonie, wat my lewe laat lag,
Laat buig, en laat huil
Ek word klei, ek word sag
Ek word bang as jy smile
Maar ek weet ek's ok, ek's by jou ... jy by my
Tyd's verby om alleen aan ‘n huisie te bou
Ek vertrou
Ons is saam
Vir ewig is nou
Ek beloof, daar te wees
Deur die nag, siel en gees
In die lig, vas te hou
Sag te praat, sing vir jou
Saam te bid, vir die reën
Gee nog meer, seer te keer
Dit alles beloof ek jou
Ek is daar, ryk of nie
Ek gee jou, lyf en siel
Jou laat lag, te laat skree
Siek te wees, in te gee
Inspireer, motiveer
Saam te droom, saam te huil,