Frikkie en die Engel
Hy’s gebore in Desember een aand in die reën
Aan die gatkant van die dorp sy ma was alleen
In daai verf afdop kamer van die Railway Motel
Maar ’n engel was by haar het sy hom later vertel
En diep in die nanag toe sy Vader Jacob sing
Om vir die kind aan haar bors vertroosting te bring
Het die donderweer gebulder en die ruite kom raas
Maar die hemel se wese het die storm gou stil gemaak
Hy’s verlore gebore in liefde gedoop
En sy ma het hom gesoebat om die pad reg te loop
Want deur sukkel en deur swaarkry was sy vir hom daar
Toe verloor hy sy hart op ‘n second hand Fender kitaar
Stuur groete vir Frikkie my imaginary friend
Gaan soek hom langs die highway op ‘n langpad sonder end
En kan jy hom dalk ‘n lift gee na die Railway Motel?
O en ‘n tikkie vir die pay phone as hy vir Elvis wil bel
Ou Frikkie was ‘n kenner deur sweet rock en roll
Van Elvis en sy pelle op die cafe radio
Waar sy ma saans geswoeg het vir ‘n stukkie ekstra brood
Maar Frikkie breek die Fender tot die bloed uit sy stom vingers loop
Soos die seuntjie ‘n man word gaan Elvis mos dood
Klein Frikkie treur hom vas aan daai kitaar op sy skoot
En daai selfde aand nog toe die maan helder skyn
Het die engel en daai Cadillac sporloos die nag in verdwyn
Stuur groete vir Frikkie my imaginary friend
Gaan soek hom langs die highway op ‘n langpad sonder end
En kan jy hom dalk ‘n lift gee na die Railway Motel?
O en ‘n tikkie vir die pay phone as hy vir Elvis wil bel
Stuur groete vir Frikkie my imaginary friend
Gaan soek hom langs die highway op ‘n langpad sonder end
Kan jy hom dalk ‘n lift gee na die Railway Motel?
O en ‘n tikkie vir die pay phone as hy vir Elvis wil bel
En êrens langs ‘n highway sit daar ‘n profeet
In die donker en worstel om ‘n song uit te sweet
En ek ken nie hierdie man nie maar ek ken sy kitaar
En die engel in die skadus wat hom steeds in die storms bewaar