Man Van Stof
Vat my hand my bra as ek voor God se tolhek staan
Hy sal my skuld afbetaal as 'n arm man vir genade vra
Hier’s die nare waarheid broer ons almal gaan platsak hemel toe
Aan die anderkant wag jy weet wie want die Engele dra nie Armani nie
Ek’s 'n man van stof
Ek’s 'n man van sand
Ek’s 'n skemer swerwer wat met woorde smous in 'n vreemde land
Ek’s 'n duisend blare
Deur die wind verjaag
Ek soebat songs uit die holtes van my katsnaarkitaar
En Mammon het my naam geroep
Is dit 'n seën of is dit 'n vloek?
Om net een keer vir my te wys hoe die einde van die reënboog lyk
Vir 'n pot vol goud sal ek wegdwaal
Voor God se oë staan ons almal kaal
Tollenaars van die nuwe tyd twee keer uit die Paradys gesmyt