Voëlverskrikker

Maak jou hare los my Mona Lisa gooi jou voete op die dash
Maak die cruiser vol met whisky en kom ons glip hier weg

Daar’s ‘n storm op die horison wat daar op die berge ry
En jy is in jou blomme rok as die bliksem weer shotgun langs jou ry

Want jy’s my volbloed merriekind
Jy’s my honky tonk skrik bewind en jy is magic
As jy kaalvoet oor my siel kom loop

En die sendeling vra die sondaar of hy weet hoe die duiwel lyk?
Hy sê sy moet ‘n tandarts wees as hy so na die dinge kyk

Want haar heupe is van heuning en haar duie drup van room
Daar’s gumdrops in haar hare en liquorice in haar oë

Sy’s 'n volbloed merrie kind
Sy’s my honky tonk skrik bewind en sy is magic
As sy kaalvoet deur my siel kom loop

‘n Voelverskrikker op die lande wat soos Kuchi Kopi lyk
Met sy bloedrooi lipstick lippe as hy ver oor die vlaktes kyk

Al lag en dans daar in die ploegland as die weerlig om hom klap
Mona Lisa en Kuchi Kopi tot die reën om hulle voete spat

Sy’s my volbloed merrie kind
Sy’s my honky tonk skrik bewind en sy is magic
As sy kaalvoet deur my siel kom loop

Most popular songs of Adam Tas

Other artists of Middle of the Road (MOR)