Vriende

My broer van rock en roll en Jim Beam
Dis ‘n eer om mekaar se kiste te dra
Tot in die hiernamaals en die plekke daarna

My vriende van saamsing en wyn
As it loop grawe luister hoe soldate bang fluister
Ten midde van ‘n oorlog in die nag

Ons maak groot jagters vure ver van baksteen mure
En ons lag as die naguil ons roep
Bring die dienaars en roep die drinkers
Hang die pakkers maar red tog die skinkers

En ek drink aan die lewe soos Burgundy wyn
Vir dié wat nog hier is en dié wat alreeds moes verdwyn

My ou broer van visvang en jag
Ons lope was warm ons katrolle was nat
Met die visse in die water en as die bokkoors ons pak

My ou vrind van hartseer en lag
Ons teken ons paaie op die lewe se blaaie
Waar die spore van reuse op ons wag

Ons maak groot jagters vure ver van baksteen mure
En ons lag as die naguil ons roep
Bring die dienaars en roep die drinkers
Hang die pakkers maar red tog die skinkers

En ek drink aan die lewe soos Burgundy wyn
Vir dié wat nog hier is en dié wat alreeds moes verdwyn

Most popular songs of Adam Tas

Other artists of Middle of the Road (MOR)