Dis Jy
Dis jy wat my laat lag en soene deel
Deur die koue nag
Dis jy wat in die reën sing
Net jy wat die rooshaar geur bring
Net jy verstaan my droom
En net jy weet waar liefde woon
Net jy maak ‘n dag van hel
‘n Beter plek wanneer jy bel
Net jy maak my woedend kwaad
As ek wil lees en jy aanhou praat
Net jy wat my uit slaap hou
Want jy weet ek begeer jou
Dis jy wat my laat sink
As jy kritiseer en baie fout vind
Net jy maak dit ‘n taak
Om soms my dag nag te maak
Maar dis jy wat die son laat skyn
Wat die kleure verf
As die dag verdwyn
Net jy wat my vergewe
En jy gee ‘n stilaand lewe
As jy sê jy het my lief
Stuur ek dit byt op hoop ‘n brief
Net jy wat my ‘n kind maak in die sprokiesboek
‘n Held ontwaak
Dis jy