Duisend Drome

Die dag het verdwyn en die eensaamheid roep my
Jy en hy stap hand aan hand verby
Ek sien jy kyk weer 'n keer na my
'n Engel glimlag en lyk net soos jy

Elke nag droom ek 'n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek weg raak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Dis al wat ek het van jou
Om styf vas te hou
Elke nag droom ek 'n duisend drome
Van jou

Ek stap nog gereeld by daardie plek
Verby
Ek soek jou oë, jou mond, dit spook
By my

Ek wens jy kyk weer 'n keer vir my
'n Engel glimlag en lyk net soos jy

Elke nag droom ek 'n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek weg raak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Dis al wat ek het van jou
Om styf vas te hou
Elke nag droom ek 'n duisend drome
Van jou

Elke nag droom ek 'n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek weg raak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Dis al wat ek het van jou
Om styf vas te hou
Elke nag droom ek 'n duisend drome
Van jou
Elke nag droom ek 'n duisend drome
Van jou

Most popular songs of André Schwartz

Other artists of Crooner