Ek Hoor Jou In Die Wind

Laat my nie bitter nou weg gaan van die Kaap
Laat ek nog 'n rukkie loop langs die strate en die kaai
Laat ek nie treurig onthou van alles hier
Hoe mooi die stad en berg staan teen die lug

Hoe breek die somer son op see, op strand en rots
Die gaanse wêreld blom
My hart vlooi uit na jou

Laat ek nooit bitter word
Want nes 'n vrou is jy
Jou geure waai oor blom en woud na my

Ja ek hoor jou in die wind wat oor die berge huil na my
O so treurig, vol verlange
Ja ek voel jou in die wind, jou sagte aanraak streel oor my
O ja ek's lief vir jou, jou my skoonste Kaap

Laat ek nie praat nie
Geen woorde kan tog sê
Hoe die skadus aanskuif oordryf in land en skuur

Laat ek nooit bitter van jou af weg gaan nie
In verre lande dra ek jou nog saam

Ja ek hoor jou in die wind wat oor die berge huil na my
O so treurig, vol verlange
Ja ek voel jou in die wind, jou sagte aanraak streel oor my
O ja ek's lief vir jou, jou my skoonste Kaap

(Ja ek hoor jou in die wind) Jy my skoonste Kaap

Most popular songs of André Schwartz

Other artists of Crooner