Ek Wens

Ek onthou toe ek nog klein was
Die fliek was naweek op die dorp
En dit was die grootste blydskap
As ek in die donker kon sit en droom

Want die held was altyd ek gewees
Wat oorloë wen en ook die meisie red
En op die einde was daar altyd
‘n Kus van goud waarop ons gelukkig leef

Maar die jare verdwyn
So ook ons drome
En die held maar net ‘n man
Sy dade net skyn

Maar ek wens, ja ek wens
Dat dit kon waar wees
Dat ek weer nes van ouds
Alleen in die donker, ja in die donker kon drome droom

En toe die tienertyd kom
En al die mooi meisies so rondom ons
Hoe sal ek dit ooit kan vergeet
Toe ek jou mond die eerste keer kon soen?

Soos die held op die skerm
Het ek jou op die strand uitgedra
En toe langs jou gaan lê
En sy woorde sag in jou oor gedra

Maar die jare verdwyn
So ook ons drome
En die held maar net ‘n man
Sy dade net skyn

Maar ek wens, ja ek wens
Dat dit kon waar wees
Dat ek weer net van ouds
Alleen in die donker, ja in die donker kon drome droom

Most popular songs of André Schwartz

Other artists of Crooner