Ek Wil Weer

Ek onthou vergete liefde
En ek soek versteekte drome
Vervaalde beloftes
Net seer wat hier woon

Ons liefde was 'n vlam wat brand deur elke nag
Toe dwaal my hande rond en die vlam verloor sy krag

Ek wil weer aan jou raak
Ek wil weer aan jou vashou
Ek wil hoor hoe jy sê
Hoor hoe jy sê jy vergewe my

Ek berou my ontroue dade
En ek vrees jou onwelkom woorde
Ongelooflikke seer
Is al wat hier woon

Ons liefde was 'n vlam wat brand deur elke nag
Toe dwaal my hande rond en die vlam verloor sy krag

Ek wil weer aan jou raak
Ek wil weer aan jou vashou
Ek wil hoor hoe jy sê
Hoor hoe jy sê jy vergewe my (Vergewe my)

Ek wil weer aan jou raak (Ek wil weer aan jou raak)
Ek wil weer aan jou vashou (Vashou)
Ek wil hoor hoe jy sê
Hoor hoe jy sê jy vergewe my

Jy is weg en ek mis jou
Draai na my
Ek's lief vir jou

Ek wil weer aan jou raak
Ek wil weer aan jou vashou
Ek wil hoor hoe jy sê
Hoor hoe jy sê jy vergewe my (Vergewe my)

Ek wil weer, ek wil weer aan jou raak (Ek wil weer aan jou raak)
Ek wil jou vashou (Vashou)
Ek wil hoor hoe jy sê
Hoor hoe jy sê jy vergewe my

Most popular songs of André Schwartz

Other artists of Crooner