Ek Glo

ANNELI VAN ROOYEN, B MEINUNGER, C RICANEK

Sien
Hoe lig in ons kan skyn
Kyk
Al is ons menslik-klein
Hier
Kan ons aan drome raak
Van mens-wees nóg iets maak

Ek weet
Ons is vir wen bedoel
Ook
As lewe donker voel (Donker voel)

Deur
Die oë van 'n kind
Kan ons nog wonders vind
Ons aan die Hemel bind

Ek glo in die lewe gooi my hart na bo
Reik uit na Jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe stuur my hart vooruit
Reik net na Jou liefde en ewigheid

Ek gee
Die beste wat ek kan
Ken
My gees wat op sal staan

Selfs
Wanneer ek val en gly
Is daar nog altyd Jy
Jou hand wat veilig lei

Ek glo in die lewe gooi my hart na bo
Reik uit na Jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe stuur my hart vooruit
Reik net na Jou liefde en ewigheid

Ek glo in die lewe gooi my hart na bo
Reik uit na Jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe stuur my hart vooruit
Reik na Jou en ewigheid
Reik na Jou en ewigheid

Trivia about the song Ek Glo by Anneli Van Rooyen

On which albums was the song “Ek Glo” released by Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen released the song on the albums “Neem My Saam” in 1980 and “Treffers Op Versoek” in 2009.
Who composed the song “Ek Glo” by Anneli Van Rooyen?
The song “Ek Glo” by Anneli Van Rooyen was composed by ANNELI VAN ROOYEN, B MEINUNGER, C RICANEK.

Most popular songs of Anneli Van Rooyen

Other artists of Afrikaans