Sewe Sakke Sout

RUBEN LENNOX

Sannie het gesukkel om 'n s te sê
Want Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê
Maar Sannie het besluit om 'n plan te maak
En eendag loop sy hierdie lekker rympie raak

En Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sonder Sannie sê sus Sannie sleep swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar so waar

Sannie het geoefen en haar bes probeer
En eendag slaan daar werklik nog 'n klankie deur
Sy storm na haar mammie en die luister vies
Want Sannie druk haar tongetjie nou vas in haar kies

En Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sonder Sannie sê sus Sannie sleep swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar so waar

Juffrou het geweet wat die beste sou wees
Om spraaklesse te neem sou die kwaal genees
Gou het sy geleer om soos 'n slang te maak
Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehaak

En Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sonder Sannie sê sus Sannie sleep swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar so waar

Sannie is nou groot het 'n kêrel gekry
Sannie het gewoeker met die soenery
Die liefde is blind of is dit dalk nie?
Vir Sannie was die liefde net die regte terapie

En Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sonder Sannie sê sus Sannie sleep swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar so waar

Sannie is getroud en was in haar skik
Drie kinders is gebore uit die huwelik
Maar toe die kinders praat was haar hart so seer
Want oor en oor moes sy die rympie leer

Want Sarel sê Sarel sal sewe sakke sout sleep
Gustav sê Gustav sal sewe sakke sout sleep
Stefan sê Stefan sal sewe sakke sout sleep

Die hele dag lank
Hoor sy, thhhh, sssh, svweeu

Trivia about the song Sewe Sakke Sout by Anneli Van Rooyen

When was the song “Sewe Sakke Sout” released by Anneli Van Rooyen?
The song Sewe Sakke Sout was released in 2009, on the album “Treffers Op Versoek”.
Who composed the song “Sewe Sakke Sout” by Anneli Van Rooyen?
The song “Sewe Sakke Sout” by Anneli Van Rooyen was composed by RUBEN LENNOX.

Most popular songs of Anneli Van Rooyen

Other artists of Afrikaans