Vaandel Van My Drome

Vensters ligte blok paleise wêrelde van glas
Woorde binne ander woorde hou my vas
Lig en donker mosaïek dans skaakspel van die stad
Vee die suid wind oor gesigte soveel wange nat

Vaandel van my drome dra ek soos ‘n blinkoog arend deur die dag
In my reise na die son sal ek eendag ooit daar kom en sal iemand onthou?
Sal iemand onthou?

Kontras kleure raaisel lewe mense aan die lag
Binne waar die hartklop bewe altyd die gewag
Vlamme skadu fyn maniekwas gevange teen die muur
Anoniem bly mense agter vlamme in die vuur

Vaandel van my drome dra ek soos ‘n blinkoog arend deur die dag
In my reise na die son sal ek eendag ooit daar kom en sal iemand onthou?
Sal iemand onthou?

Sal iemand onthou?
Vaandel van my drome dra ek soos ‘n blinkoog arend deur die dag
In my reise na die son sal ek eendag ooit daar kom en sal iemand onthou?
Sal iemand onthou?
Sal iemand onthou?

Trivia about the song Vaandel Van My Drome by Anneli Van Rooyen

On which albums was the song “Vaandel Van My Drome” released by Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen released the song on the albums “Neem My Saam” in 1980 and “Weerklink Halleluja” in 2001.

Most popular songs of Anneli Van Rooyen

Other artists of Afrikaans