Stukkend

As jy weg kyk vat jou hart vir my
By die wonder en die wens verby
En my hart druk stukkend deur die storie wat jou oë vertel

As ek soek wys jy vir my die dag
Om die draaie waar jou liefde wag
En my kop raak stukkend as jou lippe aan my eie raak

Jy’t my 'n man gemaak as jy aan my raak
Begin die letters van my lewe in 'n taal te praat

Kom en gee jou hart vir my
Hier’s 'n plek waar jy kan bly
Kom en rock my uit mekaar
Ek is stukkend en dit voel so goed om te sê

Dis al wat ek wil sê

As ek droom sien ek net jou gesig
As dit nag word is net jy die lig
En my kop klop stukkend deur die aande wat my hart jou mis

As ek lê hoop ek jy lê by my
As ek vra sal jy die aand wil bly?
En my kop raak stukkend as ek lê en dink aan jou vanaand

Jy’t my 'n man gemaak as jy aan my raak
Begin die letters van my lewe in 'n taal te praat

Kom en gee jou hart vir my
Hier’s 'n plek waar jy kan bly
Kom en rock my uit mekaar
Ek is stukkend en dit voel so goed om te sê

Dis al wat ek wil sê

Kom en gee jou hart vir my
Hier’s 'n plek waar jy kan bly
Kom en rock my uit mekaar
Ek is stukkend en dit voel so goed om te sê

Ek is stukkend en dit voel so goed om te sê

Dis al wat ek wil sê

Trivia about the song Stukkend by Arno Jordaan

When was the song “Stukkend” released by Arno Jordaan?
The song Stukkend was released in 2009, on the album “Gee My”.

Most popular songs of Arno Jordaan

Other artists of Afrikaans