Bak en Brou

ESTIE GRIESEL

Bak en brou ons leer nou om voorwerpe te bou
Was gou hande, kry jou voorskoot tyd vir bak en brou
Sny en smeer, meng en vou als wat jy kan kou
Die lekker ding het jy geweet ons gaan dit alles eet

'n Mariekoekie, mariekoekie wat kan dit raak
Dit is mos 'n sirkel, wat kan jy daarmee maak
'n Mariekoekie, mariekoekie wat kan dit raak
Dit is mos 'n sirkel kom kyk wat ons gaan maak

'n Leeu of 'n blommetjie, pizza op 'n sonnetjie
'n Bal of 'n beer, jy moet dit probeer
'n Boom of 'n lolliepop, horlosie of 'n spinnekop
Gesiggie met 'n mond, dit is mos alles rond

'n Snytjie brood, 'n snytjie brood wat kan dit raak
Dit is mos 'n vierkant, wat kan jy daarmee maak
'n Snytjie brood, 'n snytjie brood wat kan dit raak
Dit is mos 'n vierkant, kom kyk wat ons gaan maak

'n Kussing of geskenkie, 'n legkaart of 'n prentjie
'n Huisie met 'n deur, jy moet dit probeer
'n Stoof of 'n fotoraam, 'n skaakbord met vierkante saam
Kasteel in die sand, dis alles 'n vierkant

Bak en brou ons leer nou om voorwerpe te bou
Was gou hande kry jou voorskoot tyd vir bak en brou
Sny en smeer, meng en vou als wat jy kan kou
Die lekker ding het jy geweet ons gaan dit alles eet

'n Driehoek kasie, driehoek kasie wat kan dit raak
Dit is mos 'n driehoek wat kan jy daarmee maak
'n Driehoek kasie, driehoek kasie wat kan dit raak
Dit is mos 'n driehoek kom kyk wat ons gaan maak

'n Vlag of 'n vlindertjie, kersboom of 'n sterretjie
'n Hoed met 'n veer, jy moet dit probeer
'n Tent of 'n vissie, badteken of strikkie
Roomyse op horinkies dis alles driehoekies

Bak en brou ons leer nou om voorwerpe te bou
Was gou hande, kry jou voorskoot tyd vir bak en brou
Sny en smeer, meng en vou als wat jy kan kou
Die lekker ding het jy geweet ons gaan dit alles eet

Trivia about the song Bak en Brou by Carike Keuzenkamp

When was the song “Bak en Brou” released by Carike Keuzenkamp?
The song Bak en Brou was released in 2009, on the album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 6”.
Who composed the song “Bak en Brou” by Carike Keuzenkamp?
The song “Bak en Brou” by Carike Keuzenkamp was composed by ESTIE GRIESEL.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)