Dromer
Sy was 'n kaalvoet meisie in die Klein Karoo
Met tipe drome waarin net dromers glo
Haar hart was jonk geleer, die lewe maak seer
Maar dis die seer wat jou van die lewe leer
Hoe kon sy weet dat sy weet sy kan
Anders wees as wat almal sien?
O, volg net jou hart kyk na bo
O, 'n dromer se hoop is wat ander laat glo
Soveel keer het sy al haar moed verloor
Maar sy't vasgebyt en sy't aanhou glo
Al was sy jonk geleer die lewe maak seer
Het sy geweet daar is niks wat haar ooit sou keer
Hoe kon sy weet dat sy weet sy kan
Anders wees as wat almal siеn?
O, volg net jou hart kyk na bo
O, 'n dromer se hoop is wat andеr laat glo
En sy't nie besef nie
Dis nie wat jy het nie
Dis wat jy voel en wat jy liefhet
O, volg net jou hart kyk na bo
O, 'n dromer se hoop is wat ander laat glo
O, volg net jou hart kyk na bo
O, 'n dromer se hoop is wat ander laat glo
'n Dromer se hoop is wat ander laat glo