Ek Laat Jou Telefoon Lui
Ek hoor jou stem en jy sê daar’s niks fout nie
Jy bly daar vêr maar ek sit met jou hier in my hart
Ek hoor hoe vee jy die trane van jou stem af
Ek hoor hoe baklei jy dapper om jou hartseer terug te hou en
Ek laat jou telefoon lui
Een keer vir ek mis jou
Ja ek mis jou
Ek laat jou telefoon lui
Twee keer vir ek dink aan jou
Ja ek dink aan jou
Drie keer jy’t ‘n email
En vier keer ek hoop jy dink aan my
Dit voel vir my asof jy baie nader bly as ek jou telefoon laat lui
Ek wil nie dans as dit sonder jou is nie
Jy neurie saam hou jou oë toe en hou styf vas aan my
Ek mis jou asem warm teen my borskas
Die telefoon lyne naelstring vir ons liefde wat net aanhou groei en
Ek laat jou telefoon lui
Een keer vir ek mis jou
Ja ek mis jou
Ek laat jou telefoon lui
Twee keer vir ek dink aan jou
Ja ek dink aan jou
Drie keer jy’t ‘n email
En vier keer ek hoop jy dink aan my
Dit voel vir my asof jy baie nader bly as ek jou telefoon laat lui
Vat ek jou vir 'n fliek dan doen ons dit op ons eie manier
Jy kyk hom daar en ek kyk hom hier
Verskillende stede dieselfde tyd
So fliek ons saam op ons lang afstand date
Slaap sag en weet
My enigste droom is jy
Slaap sag en more word jy wakker
Met ‘n telefoon wat lui lui lui lui
Ek laat jou telefoon lui
Een keer vir ek mis jou
Ja ek mis jou
Ek laat jou telefoon lui
Twee keer vir ek dink aan jou
Ja ek dink aan jou
Drie keer jy’t ‘n email
En vier keer ek hoop jy dink aan my
Dit voel vir my asof jy baie nader bly as ek jou telefoon laat lui
As ek jou telefoon laat lui