Die Skemer Skema
Die skemer skema
Die wind en die water en die skuim
Hierdie sand wat berge was van my voete is ‘n vorms
Die stukkies skulpe kners onder my spore
Vorentoe met mening
My van en my voornaam
Swaar my sonder seëning
Ek voel maar allenig
Maar meestal vere soos die see voëls
Dis om huistoe te wil kom en 'n koue bier
Te geniet en die mooi dag in sy moer te stuur
En veilig binne te kan wees as die wind hard huil en die koue reën daar buite is
En as ek nou reg kan onthou sak die son nog altyd oral oranje blanje blou
Oranje blanje blou
Hoe dan nou, oranje blanje blou as ek reg onthou sak die son nog altyd oral oranje blanje blou
Oranje blanje blou
Verbrand in die lug vermink in die wind
Op die strand bly mens eintlik maar 'n kind, ek sal sonder twyfel enige tyd van die dag
'n Aanbod om op die see met ‘n seil jag te vaar aanvaar ek sal meestal van die tyd staan by gesels
Al praat ons om verby mekaar ek voel eintlik nie alleen nie
Soms beide verveeld en vervelig maar meestal vere
Dis om huistoe te wil kom en 'n koue bier
Te geniet en die mooi dag in sy moer te stuur
En veilig binne te kan wees as die wind hard huil en die koue reën daar buite is
En te mag en te lag en te weet wat jy soek en sing daar by en as jy dink jy weet wie jy is
Maar aanvaar dat jy meeste van die tyd die pot mis