In en Uit

Haar vel was bleek
Bleek deurskynende leer
Haar lippe, tong en oë was skerp
Net soos 'n akkedis s'n

Partykeer wou ek die masjien afsit
Net om te kyk wat gebeur
In en uit
En eendag was sy weg
In en uit

Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As my ouers wat gil deur die huis se gange

Kry jy ook koud op jou eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As ons ouers wat gil deur die huis se gange

Sy't net daar gesit
Swaar haar asem, longmasjien, in 'n half muf, half muf sitkamer
'n Masker met pensioenfonds gehuur

Daar te sit
Op jou stoel met jou bloed wat vir jou staar
Onder 'n deken wat na bedpan ruik
En eendag was sy weg
In en uit

Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As my ouers wat gil deur die huis se gange

Kry jy ook koud op jou eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As ons ouers wat gil deur die huis se gange

Dit klink vir my, dit klink vir my presies dieselfde
Dit klink vir my, dit klink vir my presies dieselfde

Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Kry jy ook koud op jou eie

Julle is in ons gebede, ons is met julle
Julle is in ons gebede, ons is met julle

Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Kry jy ook koud op jou eie

Trivia about the song In en Uit by Die Heuwels Fantasties

When was the song “In en Uit” released by Die Heuwels Fantasties?
The song In en Uit was released in 2011, on the album “Wilder as Die Wildtuin”.

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of