Leja [Live Op Paul Cluver]

Leja, ek weet nie meer of ek jou hieruit gaan kan sien nie
Sal ek ooit genoeg geld kan verdien, die nag
Is koud
In die winter
In die winter

En toe ek jou
Gesien het vir die eerste keer, Leja, ek kan nie meer
Onthou hoe dit gevoel het nie
Die paaie
Bly nat
In die winter

In jou ma se oë ons was tieners, ons kon glo in die dinge daarbo
In jou ma se oë wou ek sien en wou ek glo
Maar tye het verander, en ons raak nie jonger nie, ek kan nie eers meer byhou nie
Ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome op die gras, op die gras

Leja, is hoe dit was, soos dit was, soos dit was dan sal ons kan, Leja
Maar jy's nou net die pen op 'n servet wat ek alweer, alweer
Iewers moes vergeet het

Die onoorspronklikheid
Nes afgeleide selfverwyt het ek myself hier uit
Uit hierdie storie uitgeskryf

In jou ma se oë ons was tieners, ons kon glo in die dinge daarbo
In jou ma se oë wou ek sien en wou ek glo
Maar tye het verander, en ons raak nie jonger nie, ek kan nie eers meer byhou nie
Ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome op die gras, op die gras

Leja
Op die gras

Leja, sit dit vas, soos dit was, soos dit was, dan sal ons kan, Leja
Leja, sit dit vas, soos dit was, soos dit was, dan sal ons kan, Leja

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of