Nog 'N Jaar

Die skarniere kraak en kreun al weer
Na die roes van die jare die deur
Slaan toe op sy knip asof dit nie genoeg is nie boonop beledig besere

Ek het opgestaan en see toe geloop
En al was dit kalm het ek jou hoor weergalm

Sy sê sy′t 'n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp?
Partykeer gebeur al′s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp?

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap

Die kern van die saak bly staan as die nood druk
Het ons almal brood broodnodig
Ons kan soos sakemanne sonder rym of rede ons pond vleis probeer eis

Wie sal dan so rondstaan vir kwaadgeld
As jou aktetas en jou gemoedstoestand uit hul nate uit bars

Sy sê sy′t 'n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp?
Partykeer gebeur al′s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp?

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap

Voor jy jou oë kon uitvee
Voor jy jou oë kon uitvee

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap

Trivia about the song Nog 'N Jaar by Die Heuwels Fantasties

When was the song “Nog 'N Jaar” released by Die Heuwels Fantasties?
The song Nog 'N Jaar was released in 2011, on the album “Wilder as Die Wildtuin”.

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of