Noorderlig

Die hordes staar vanuit die agtergrond
Die maagd is wys sy waarsku hom

Ek het die nag onder die noorderlig ingedrink
Begeesterd rondgedans namate die buiteruim insink
Al wat ek soek is my horison
Sal ons moet wag vir die wederkoms

Sukkel sukkel deur waar ek is, en wat ek wil wees
Die meester het my leviete vir my voorgelees

Ek tel my dae want ek weet
Hulle gaan nog nodig kom
Ek tel my dae

Ek het die nag onder die noorderlig ingedrink
Begeesterd rondgedans namate die buiteruim insink
Al wat ek soek is my horison
Sal ons moet wag vir die wederkoms

Sal ons moet wag vir die wederkoms
En wat dan van al ons eiendom
Sal ons moet wag vir die wederkoms
Vir die wederkoms
Vir die wederkoms

Trivia about the song Noorderlig by Die Heuwels Fantasties

When was the song “Noorderlig” released by Die Heuwels Fantasties?
The song Noorderlig was released in 2009, on the album “Die Heuwels Fantasties”.

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of