Sonrotse [Live Op Paul Cluver]

As die son
Bo oor die rotse opkom
Gaan almal weet
Wat ek en jy nog altyd weet

'n Mens het sy limiet, al wat jy het is wat die wêreld vir jou bied
Ek weet ons is uniek
Ek weet ek wens ons was generiese gedaantes
Wat generies inmekaar inpas

My elmboog omhoog
Gereeld te hoog gelig
Vroumens, ons moet vlug

Vroumens, ons moet vlug

Want dis mos gees vat
Kaal keiser
Omgekoop en omgedop
Net my liggaam loop hier rond

Donderwolke, drama-oë
Sien net wat jy glo
Die peilings het al lankal bewys ons moet hier uit, vroumens, ons moet vlug

As 'n bekende gesig
Soos 'n vreemdeling lyk
'n Windloopneus
Alweer al die styfmeel opgeruik

'n Mens oorskry gereeld sy limiet
Als wat daar was het ek gevat
Als wat die wêreld verbied

Ek weet ek wens ons was generiese gedaantes
Wat generies inmekaar inpas

My elmboog omhoog
Gereeld te hoog gelig
Vroumens, ons moet vlug

Vroumens, ons moet vlug

Ek probeer my bes
Ek probeer my bes, ek sweer
Ek probeer my bes, ek sweer
Ek probeer my bes, ek sweer ek probeer

Ek sweer ek probeer
Ek sweer ek probeer
Ek sweer ek probeer
Ek sweer ek probeer

Ek sweer ek probeer
Ek sweer ek probeer
Ek sweer ek probeer

Vroumens, ons moet vlug
Vroumens ons moet
Vroumens ons moet vlug

Ek sweer ek probeer
Vroumens ons moet vlug

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of