Vinger Alleen

Hierdie tyd van die jaar
Hoekom is ek so seisoenaal, dit klink dalk banaal
As die as wat reën jou begrawe van die torings wat jou omring
Meestal gister s'n, skielik skeur hierdie seun middeldeur

My uitsig is 'n mooi
Skarlakenrooi
'n Helder pragtige nagmerrie
Die eenvoud laat my koud
Jou onskuld bewys
'n Mors van my tyd

Ons almal wou mos brand
Met net die stad se ligte aan ons kant
Flikker, blink, verrinneweer
Verlep, verskeur, al weer

Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

Haar impulsiewe negatiwiteit
Ek weet jy't idees wat uit jou moet uit
Haar koud laat jou spyt

Pis op my drome, jou heilige woorde soos standaard akkoorde
My broers my sinode, my verkose narkose is maar wreed maar waar

Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

My bloeddorstige lus vir immoraliteit
Ek het idees wat uit my moet uit
Maar haar koud laat jou steeds spyt

(Haar koud laat jou steeds spyt)

Trivia about the song Vinger Alleen by Die Heuwels Fantasties

When was the song “Vinger Alleen” released by Die Heuwels Fantasties?
The song Vinger Alleen was released in 2009, on the album “Die Heuwels Fantasties”.

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of