Warrelwind Saadjie

Kom ons waai weg en kom nooit weer terug nie
'n Ligte briesie sal ons dra
Al weet ons nie waar hy ons los nie
Ten minste is ons bymekaar

Soms los soms wankelend
Soms 'n bietjie deurmekaar
Op die rug van 'n warrelwind saadjie
Ten minste is ons nog bymekaar

Partykeer vergeet ons van mekaar, van mekaar
Ten minste is ons nog saam, nog saam
Al vergeet ons van mekaar, partykeer vang ons mekaar uit
Ons vang mekaar uit
Ten minste is ons nog saam nog saam

Die onbekende lê nou vir ons voor
Partykeer plat op die aarde partykeer in die stratosfeer
Partykeer die cumulonimbus wolke trotseer
Partykeer sal ons van mekaar
Sal ons van mekaar vergeet

Partykeer vergeet ons van mekaar, van mekaar
Ten minste is ons nog saam, nog saam
Al vergeet ons van mekaar, partykeer vang ons mekaar uit
Ons vang mekaar uit
Ten minste is ons nog saam nog saam

Kom ons waai weg en kom nooit weer terug nie
'n Ligte melodie sal ons dra
Op die rug van 'n warrelwind liedjie
Ten minste is ons nog bymekaar

Een hand op my hart
My hart op my mou
Belowe my om altyd vir my te sing
Belowe ek om jou te onthou

Trivia about the song Warrelwind Saadjie by Die Heuwels Fantasties

When was the song “Warrelwind Saadjie” released by Die Heuwels Fantasties?
The song Warrelwind Saadjie was released in 2012, on the album “Alles Wat Mal Is”.

Most popular songs of Die Heuwels Fantasties

Other artists of