Kringe

Ek kyk na jou en ek sien myself, ek sien myself in jou
Ek ken jou van jy kind is en ek ken jou nou as vrou
Want alles loop in sirkels nes seisoene spin
My bloed loop in jou are en jy leef hier binne in

Ek kyk na jou en ek sien myself, ek sien myself in jou
Ek ken jou van jy Ma is en ken jou ook as vrou
Want alles loop in sirkels nes seisoene spin
Jou bloed loop in my are en jy leef hier binne in

Sirkels in 'n sirkel is soos kringe om en om
Van klein wees en van groot wees word in kort so opgesom
Dis alles in jou oë maar ek sien dit soms te min
Die sirkels in die sirkel en die kringe in 'n kring

Voel die somers van jou glimlag, voel die winters van jou huil
En die groei wat kom van gister word vir more ingeruil
Want alles loop in sirkels nes seisoene spin
Jou bloed loop in my are en jy bloei hier binne in

Sirkels in 'n sirkel is soos kringe om en om
Van klein wees en van groot wees word in kort so opgesom
Dis alles in jou oë maar ek sien dit soms te min
Die sirkels in die sirkel en die kringe in 'n kring

In 'n kring
Sirkels in 'n sirkel is soos kringe om en om
Van klein wees en van groot wees word in kort so opgesom
Dis alles in jou oë maar ek sien dit soms te min
Die sirkels in die sirkel en die kringe
In 'n kring

Most popular songs of Irene-Louise Van Wyk

Other artists of Middle of the Road (MOR)