#Vrou

Dalk kyk sy nie terug na alles wat sy het sy kyk na alles wat sy nie reg kon kry
Maar almal fluister in haar oor jy is net hier om te bekoor jy sal dit nie reg kan kry
Dieselfde storie oor en oor ek’s moeg ek het dit al gehoor die boodskap’s klaar gekry
Ek is soveel meer as net ‘n vrou ek hoop jy sal dit dan onthou so luister ek sê vir jou

Eers kyk jy neer
Maar nou begeer jy
Ek is vrou
Sterker as wat jy my sal onthou
En nou is ek vrou
Sterker as wat jy ooit kon of wou
En nou

Om weg te neem, my vlug nie meer die grond nie maar die lig die hele wereld lê oop voor my
Elke tree wat ek nou gee ek is lankal nie verleë niks kan my hier onderkry
As jy dink dit gaan oor jou luister weer en luister gou ek het klaar terwyl jy wou
Ek lewe in die hede jy begrawe die verlede jy’s silwer maar ek soek goud

Eers kyk jy neer
Maar nou begeer jy
Ek is vrou
Sterker as wat jy my sal onthou
En nou is ek vrou
Sterkter as wat jy ooit kon of wou
En nou

Begeer jy

Ek is vrou
Sterker as wat jy my sal onthou
En nou is ek vrou
Sterker as wat jy ooit kon of wou
En nou

Ek is vrou
Sterker as wat jy my sal onthou (Ek's sterker ek's sterker)
En nou is ek vrou
Sterker as wat jy ooit kon of wou (Ek's sterker ek's sterker)
En nou

Begeer jy

Most popular songs of Irene-Louise Van Wyk

Other artists of Middle of the Road (MOR)