Die Man Met Die Liefde In Sy Oë
Daar is soveel paaie wat bepaal waar jou hart more sal wees
Daar is soveel treine om te haal op die stasies van die Gees
Maar daar is net een pad, en dis die een wat jy kan vat
En Hy is die weg
Sy liefde is vir ewig en Sy woorde kan jy glo
Ek volg nou in die spore van die man met die liefde in Sy oë
Met die liefde in Sy oë
Daar is tye wat te donker is in die kamers van my gees
En ek ruimte soek en ware rus en om weg te breek uit vrees
Dan kniel ek nog ‘n keer voor Sy liefde en Sy voete neer
Want Hy is die weg
Sy liefde is vir ewig en Sy woorde kan jy glo
Ek volg nou in die spore van die man met die liefde in Sy oë
Die liefde in Sy oë
Dan kniel ek nog ‘n keer voor Sy liefde en Sy voete neer
Want Hy is die (Hy is die)
Hy is die weg
Sy liefde is vir ewig en Sy woorde kan jy glo
Ek volg nou in die spore van die man met die liefde in Sy oë
Ek volg nou in die spore van die man met die liefde in sy oë