Beter As Liefde
Ek weet my hart is vol, maar ek laat jou hier in
Ek weet ek moet weghol, maar ek sien ‘n begin
Dit alles met jou, ek verloor alle sin
Ek het jou nie verwag, ek het jou nie beplan
Maar hoe besluit ‘n mens waarheen jou pad sal gaan
Jy’t my gewys hoe, jy by my sal staan
Want daar is niks beter as liefde nie
Daar’s niks beter as jy
En ek weet ek verdien jou nie
Maar jy bly nog by my
En die liefde vergeet jou nie
En dit sal jou nooit onder kry
En ek glo wat ek sê daar’s niks beter
Beter as liefde nie
Jy het so mooi gelyk, jy het alles reg gedoen
Jy't deur my siel gekyk, ek wou jou aanhou soen
En vir jou wys hoe, jy vir my sou val
Hoe kon jy dit weerhou, dit wat jy vir my voel?
Die liefde vrees jou nie, hy word vir jou bedoel
Hy sal jou intrek, en jou hart wegspoel
Want daar is niks beter as liefde nie
Daar’s niks beter as jy
En ek weet ek verdien jou nie, maar jy bly nog by my
En die liefde vergeet jou nie
En dit sal jou nooit onder kry
En ek glo wat ek sê daar’s niks beter
Beter as liefde nie
Ek weet oor ‘n honderd jaar
Sal ek nog steeds dieselfde sê
Deur als bly ons bymekaar want ek wil net vir jou hê
Want daar’s niks beter as liefde nie
Daar's niks beter as jy
En ek weet ek verdien jou nie, maar jy bly nog by my
En die liefde vergeet jou nie
En dit sal jou nooit onder kry
En ek glo wat ek sê daar’s niks beter
Beter as liefde nie
En ek glo wat ek sê daar’s niks beter
Beter as liefde nie