30 Silwer Sikkels

Jou voete het nie vlerke nie
Jy kom op ‘n boeing vlug
‘n Onverwagte wedevaart
Ons dog jy kom nooit terug

Ons sien deur jou mondeuring
Tot waar die waarheid lê
Flatergoud is net vel diep
Dis wat ons vir jou sê

En kannie op die water loop nie
Jou rug het jy op als gedraai
Kannie op water loop nie, kyk onder jou

As alles om jou wil vou
Dan't jy darem dertig silwer sikkels by jou
Dertig silwer sikkels by jou en ‘n bottletjie blou

Jou woorde het nie vlerke nie
Dis jy wat jouself moet glo
En al die make-up wat jy dra
Verskuil glad nie jou oë

Almal sien die slenter
Almal weet jy’s die fool
Jy word nie ernstig opgeneem nie
Al is jy super cool

Jy kannie op die water loop nie
Jou rug het jy op als gedraai
Jy kannie op water loop nie, kyk onder jou

As alles om jou wil vou
Dan't jy darem dertig silwer sikkels by jou
Dertig silwer sikkels by jou en ‘n bottletjie blou

Jy kannie op die water loop nie
Jou rug het jy op als gedraai
Jy kannie op water loop nie, kyk onder jou

As alles om jou wil vou
Dan't jy darem dertig silwer sikkels by jou
Dertig silwer sikkels by jou en 'n botteltjie blou

Trivia about the song 30 Silwer Sikkels by Koos Kombuis

When was the song “30 Silwer Sikkels” released by Koos Kombuis?
The song 30 Silwer Sikkels was released in 1994, on the album “Elke Boemelaar Se Droom”.

Most popular songs of Koos Kombuis

Other artists of