Ek Wens Ek Was Daar

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ek wens ek was daar met jou eerste gebedjie
Ek wens ek was daar toe jy roep in die nag
Ek wens ek was by met jou eerste klein treetjie
Ek wens ek kon help om die seer te versag
Om die seer te versag
Agtien jaar in die skemer van wag

Ek wens ek kon antwoord op die vrae wat jy vra
Toe jy wonder wie's jy, waar's jou pa, waar's jou ma
Ek wens ek was daar toe jy jou jare van wonder
Ek wens ek kon by wees dan was jy nie sonder
Dan was jy nie sonder
Al daai tyd toe jy eerder moes lag
Toe jy lankal kon lag

Ek wens jy kon sien hoe jy fietsry en val
Ek wens ek kon saam stap deur jou donkerste dal
Ek wens ek kon deel wees van jou vreugde en pyn
Jou laaste groot liefde
Jou eerste glas wyn

Ek wens ek was daar deur jou stryd en jou strewe
Ek wens ek kon opmaak vir daai gat in jou lewe
Alleen in die wêreld weggegooi en verstoot
Maar my hart is nou joune, my spyt is so groot
My spyt is so groot
Agtien jaar se verlange en nood

Ek wens ek kon sien hoe jy fietsry en val
Ek wens ek kon saam stap deur jou donkerste dal
Ek wens ek kon deel wees van jou vreugde en pyn
Jou laaste groot liefde
Jou eerste glas wyn

Trivia about the song Ek Wens Ek Was Daar by Koos Kombuis

When was the song “Ek Wens Ek Was Daar” released by Koos Kombuis?
The song Ek Wens Ek Was Daar was released in 2009, on the album “Koos Kombuis”.
Who composed the song “Ek Wens Ek Was Daar” by Koos Kombuis?
The song “Ek Wens Ek Was Daar” by Koos Kombuis was composed by ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Most popular songs of Koos Kombuis

Other artists of