Lente In Die Boland

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ja, so sal ek jou onthou
In die lente van ons jagsheid
Die lewe was 'n video
En een dag was vir altyd

Lisa, Lisa, peperoni pizza
Langs die leiwatervoor
Onthou jy nog vir my?
Waarom het ek jou verloor

Dit was lente in die boland
In ons mees gerookte jaar
Daar was Tassenberg in elke glas
Al die hormone het baljaar

Stellenbosch was niemandsland
Kersfees ook net om die draai
En daarom was ek lief vir haar
En daarom wou ek almal naai

Ek weet daar's geen verskoning hiervoor
Ek weet jou boyfriend was 'n surfer
Ek weet dit was so onverwags

Die aand daar in die Akker
God ons het karjakker
Dit was 'n droom so tussen slaap en wakker
Ons was fucked, gefuck
Al fucker

Dit was lente in die boland in ons mees gerookte jaar
Daar was Tassenberg in elke glas
Al die hormone het baljaar

Stellenbosch was niemandsland
Kersfees ook net om die draai
En daarom was ek lief vir haar
En daarom wou ek almal naai

Karen se paintings was so kak
Die doesente het haar deurgesit
Op streeptegniek alleen
En dit is waarvoor ek ook bid

Mobarack was Joey's toe
Carina het gaan score
Daar was orals 'n vakansie gees
Ons stapelkos was eat some more

Die honde het mekaar bereik
En toe het ek in jou oë gekyk
Dit was die laaste avondmaal
Slap chips, onion rings en well done steak

En min het ek geweet, geweet
Sy was toe al die tyd 'n fake

Dit was lente in die boland in ons mees gerookte jaar
Daar was Tassenberg in elke glas
Al die hormone het baljaar

Stellenbosch was niemandsland
Kersfees ook net om die draai
En daarom was ek lief vir haar
En daarom wou ek almal naai

Hoe sal ons ooit die dae vergeet
Hoogsomer in die Eikestad
Sundowners vir breakfast
In moederkloek se leë flat

Leiwaterstrome vrooi die aand se drome
Vitamienes en uitrafel somer
Bostik en enamel paint
En alkohol proof kondome

Vanaand is ek weer op getof, o my siel, daar's eike stof
Ek weet ek het jou lief, al klop laasnag se hoofpyn dof

Ek moet 5 min met jou praat
My aftershave is delikaat
Maar my moed het my verlaat, hier in Herdestraat
Ja, my moed het my verlaat hier in Herdestraat

Dit was lente, dis nog steeds lente in die boland in ons mees gerookte jaar
Stellenbosch is niemandsland
Al die hormone wil baljaar

Kersfees ook net om die draai
Daar is Tassenberg in elke glas
En my woorde word deurmekaar, jai, jai
En daarom wil ek almal naai

We'll drink, a-drink, a-drink, to Lydia the Pink, a-Pink, a-Pink
Saviour of the human race
Who invented medicinal compound, la la la la la la la

Dit was lente in die boland in ons mees gerookte jaar
Stellenbosch was niemandsland, la la la la la la la

Trivia about the song Lente In Die Boland by Koos Kombuis

When was the song “Lente In Die Boland” released by Koos Kombuis?
The song Lente In Die Boland was released in 2000, on the album “Blou Kombuis”.
Who composed the song “Lente In Die Boland” by Koos Kombuis?
The song “Lente In Die Boland” by Koos Kombuis was composed by ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Most popular songs of Koos Kombuis

Other artists of