Liefdeskwela

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Die wete dat ons anders is in tog in blokkies afgekamp, apart
Net omdat jou oë verder kyk en 'n ander vel span om dieselfde hart

Ons vingers raak mekaar
Maar ons hande is afgekap
Die junk jewellery om jou nek
Word deur oorlog stewels vuil vertrap

En tog is die plek mooi
Wit stede blom op geel grasvalktes
Treine jaag deur mielielande, ons teorieë bly onprakties

Tralies skei ons van mekaar, van loodgieters en vreemdelinge
'n Katedraal van smart
In vierkante en kringe

'n Land met lig wat netjies pas
Soos blokkies gekleurde glas in 'n etniese ou katedraal, 'n land van bloed en vrede
'n Land van geel en blou, 'n land vol kleure van die reënboog
'n Land vir my en jou, 'n land van toekoms en van hede
'n Lewe in die Kaap en in die ou Transvaal

Ek sien jou vriende sit en lê op die sypaadjies van Hillbrow
Toegedraai in ou komberse, knus beskerm teen die kou

Ek hoor jou roep agter die mure wat jou grond van myne skei
'n Stem soet soos die aarde, waar groen en goud gedy

Ek voel jou hartseer in die stad van vuil kinders hoog op kak Madjat
Die boodskap van 'n duisend skure, ek weet jou twak bly nat

'n Land met lig wat netjies pas soos blokkies gekleurde glas in 'n etniese ou katedraal
'n Land van bloed en vrede
'n Land vir my en jou, 'n land vol kleure van die reënboog
'n Land van geel en blou, 'n land van toekoms en van hede
'n Lewe in die Kaap en in die ou Transvaal

Eers was ons dieselfde, sy aan sy in 'n vaal land
Ongevorm sonder speserye uit die kolonis se hand

Maar as jy sing van tye voor die vloed en voor die bloei
Van kultuurbotsings op voorstoepe en spiese wat teen ossewaens stoei

Klink daarin ook die stem van my eie voorvaders so klaar
Dan weet ek ons is een hier al val ons kaarte deurmekaar

'n Land met lig wat netjies pas
Soos blokkies gekleurde glas in 'n etniese ou katedraal, 'n land van bloed en vrede
'n Land vir my en jou, 'n land vol kleure van die reënboog
'n Land van geel en blou, 'n land van toekoms en van hede
'n Lewe in die Kaap en in die ou Transvaal

Trivia about the song Liefdeskwela by Koos Kombuis

On which albums was the song “Liefdeskwela” released by Koos Kombuis?
Koos Kombuis released the song on the albums “Niemandsland” in 1985 and “Niemandsland and Beyond!” in 1985.
Who composed the song “Liefdeskwela” by Koos Kombuis?
The song “Liefdeskwela” by Koos Kombuis was composed by ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Most popular songs of Koos Kombuis

Other artists of