Oumense Moenie In Die Water Mors Nie

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Gee my tog 'n antwoord op my vrae
Gee my net 'n leuse vir jonk Suid-Afrika
Gee my tog 'n muur om teen te bid
Gee my nog 'n land om om te spit
Gee my net 'n teken om te glo
Sodat ek nooit weer hoef te kla

Oumense moenie in die water mors nie, die kinders wil dit drink
Oumense moenie hierdie plek opmors nie, die water is al stink
Oumense weet julle nie ons is dors nie, ons kan nie net leef van pap en wors nie
Oumense moenie in die water mors nie
Die kinders wil dit drink

Miskien is daar 'n toekoms vir my volk
Miskien is daar 'n ligpunt in die donkerwolk
Miskien is daar nog reën wat kom
Miskien is daar 'n rede om te hoop
Miskien is daar 'n plek om heen te loop
Miskien is daar 'n stroom
Wat helder vloei en skoon, miskien is daar 'n drif waar ek kan klere was en water skep

En oumense moenie in die water mors nie, die kinders wil dit drink
Oumense moenie hierdie plek opmors nie, die water is al stink
Oumense weet julle nie ons is dors nie, ons kan nie net leef van pap en wors nie
Oumense moenie in die water mors nie
Die kinders wil dit drink

As ek eendag groot is sal ek graag 'n boer wil wees
Met 'n hele plaas vol kinders wat almal mooi kan skryf en lees
En 'n huisie met 'n skoorsteen en 'n kaggel waar die pap prut op die vuur
Waar niemand ooit honger lei nie, waar niemand ooit buite bly nie
En almal het 'n tuiste veilig hier
Langs die Vaalrivier

Oumense moenie in die water mors nie, die kinders wil dit drink
Oumense moenie hierdie plek opmors nie, die water is al stink
Oumense weet julle nie ons is dors nie, ons kan nie net leef van pap en wors nie
Oumense moenie in die water mors nie, oumense moenie in die water mors nie

Oumense moenie in die water mors nie, die kinders wil dit drink
Oumense moenie hierdie plek opmors nie, die water is al stink
Oumense weet julle nie ons is dors nie, ons kan nie net leef van pap en wors nie
Oumense moenie in die water mors nie
Die kinders wil dit drink

Trivia about the song Oumense Moenie In Die Water Mors Nie by Koos Kombuis

When was the song “Oumense Moenie In Die Water Mors Nie” released by Koos Kombuis?
The song Oumense Moenie In Die Water Mors Nie was released in 2008, on the album “Bloedrivier”.
Who composed the song “Oumense Moenie In Die Water Mors Nie” by Koos Kombuis?
The song “Oumense Moenie In Die Water Mors Nie” by Koos Kombuis was composed by ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Most popular songs of Koos Kombuis

Other artists of