Winterkind
Hoe lank moet ons nog glo
Vir watter antwoord moet ons wag
Ek sit hier by my vensterbank
En luister na die reën in die nag
Ons grense is geoffer
Ons volksleiers is dood
Siemamba se kop lê en huil in elke sloot
Kom lê hier in my arms
En luister na die reën in die nag
Kom lê hier in my arms
Ons kan saam op die rooi dag wag
Vanaand is ons vol koue
More is ons troue winterkind, winterkind
Luister na die wind, die wind in hierdie pikswart nag
Die hond lê op die mat
Sy groot lyf asem rustig
Winterkind, my meisie, hoekom is jy so droewig?
Dis donkermaan vanaand
Die sterre steek hulle oë weg
Agter die gordyn roer skaduwees, skaduwees van oorlog
Kom lê hier in my arms
En luister na die reën in die nag
Kom lê hier in my arms
Ons kan saam op die rooi dag wag
Vanaand is ons vol koue
More is ons troue winterkind, winterkind
Luister na die wind, die wind in hierdie pikswart nag
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula, thulala baby
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula, thulala baby
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula, thulala baby
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula, thulala baby
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula, thulala baby