Groentjiekop
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Wat heeldag lekker-lekker in die tuin rondskrop

Ek weet my hart is groen ek hou die wêreld dop
Wie baklei alweer soos kat en hond?
En wie snuffel-snuffel in die blomme rond?
Oompie sal mos weet hy sal die antwoord hê
Terwyl Chi-Chi en Ouboet in die skadu lê
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Wat heeldag lekker-lekker in die tuin rondskrop
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Ek weet my hart is groen ek hou die wêreld dop
Boetie vra sussie is die wêreld rond?
Sussie vra vir kat en kat vra vir hond?
Oompie weet mos alles en hy sê toe ja
Die wêreld is ‘n bal en ons moet kyk na haar
Kom ons gaan nou saam ons loop die wêreld in
Daar’s baie om te doen ons moet maar gou begin
Vat al die ander groentjies in die wêreld oor
Ons sing ons eie liedjie en ons sing hom so
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Wat heeldag lekker-lekker in die tuin rondskrop
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Ek weet my hart is groen ek hou die wêreld dop
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Wat heeldag lekker-lekker in die tuin rondskrop
Ek is ‘n groentjie ja ek is ‘n groentjiekop
Ek weet my hart is groen ek hou die wêreld dop
Wat is jou naam is jy dalk ‘n groentjie?
Kom jy dan saam loop maar ‘n entjie
Wat is jou naam is jy dalk ‘n groentjie?
‘n Groentjie verby ‘n groentjie verby