Jy's Mooi Verby
Ons was nog jonk so wild en vry
Jou hart was altyd net die een vir my
Jy stop vir niks
Jy hardloop voor
Met alle mag het ek my hart verloor
Want ek was daar jy’t my geraak
Ek het geweet jy’s net vir my gemaak
En hier’s ons nou en almal weet
Al die hard paaie die reguit en die draaie
Alles het tot hier gelei
En al die berge en die silwerstrome mooi vir my
En al die sterre en ‘n kind se drome
Alles mooi vir my
‘n Reënboog net na ‘n droogte
O dis mooi vir my
Maar ek staan elke dag verstom want jy’s mooi verby
Jy moet dit hoor ek moet dit sê
My hart klop vinnig as jy langs my lê
Dit laat my glo dit maak my bly
Want more wag net daar vir jou en my
Jou oë lag dit laat my vry
Jy is die warm bloed hier binne my
Kom vat my hand en loop saam met my
Al die harde paaie die reguit en die draaie
Alles het tot hier gelei
En al die berge en die silwerstrome mooi vir my
En al die sterre en ‘n kind se drome
Alles mooi vir my
‘n Reënboog net na ‘n droogte
O dis mooi vir my
Maar ek staan elke dag verstom want jy’s mooi verby
Ek’s net ‘n dromer
Wat meer en meer vir jou wil sê
Ek lê en droom van al die jare
Wat en ek en jy nog saam gaan hê
Ek’s net ‘n dromer
Wat meer en meer vir jou wil sê
Jy is die bloed in al my are
Ek het my hart in jou belê
En al die berge en silwerstrome mooi vir my
En al die sterre en ‘n kind se drome
Alles mooi vir my
‘n Reënboog net na ‘n droogte
O dis mooi vir my
Maar ek staan elke dag verstom want jy’s mooi verby
Ja ek staan elke dag verstom want jy’s mooi verby