Omgedraai Omgedop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
Hier binne slaan die dromme dis my hart wat klop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
En niemand in die wêreld gaan my hart kan stop
Wat is dit wat jy nou aan my doen?
Ek voel asof die son my op my voorkop soen
My wêreld stuur dieselfde uit aan my geraak
Jou wag-‘n-bietjiedoring het aan my gehaak
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
Hier binne slaan die dromme dis my hart wat klop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
En niemand in die wêreld gaan my hart kan stop
Gister’s verby hy het nou weggewaai
Daar’s ‘n splinternuwe deuntjie in my kop wat draai
Ek sien nou net vir jou ek is voor in die koor
En die hele wyewêreld gaan my liedjie hoor
Kom ons gaan nou saam ons loop die wêred in
Daar’s baie om te sien ons moet maar gou begin
Laat al die jammerharte in die wêreld hoor
Ons sing ons eie liedjie en ons sing hom so
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
Hier binne slaan die dromme dis my hart wat klop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
En niemand in die wêreld gaan my hart nou stop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
Hier binne slaan die dromme dis my hart wat klop
Ek is nou omgedraai ek is nou omgedop
En niemand in die wêreld gaan my hart kan stop
Wat is jou naam is jy dalk die mooiste?
Raak jy nou skaam is jy dalk die rooiste?
Wat is jou naam is jy dalk die mooiste?
Die mooiste verby die mooiste verby