Saggies Praat

Ek lê al lank hier en wag
Want ek het iets om te vra
En jy lê jou lyf hier teen my neer
En voor ek nog kon keer

Is jy vas an die slaap
En dis jammer ek is te laat
Ek het iets wat ek jou wil vra
Iets wat ek te lank saam dra

Sê my moet ek saggies praat?
Want fluister is mos duiwelsraad
Moet ek dit voluit skreeu
Of is my woorde klaar te laat?

Sal ek dit hardop sê?
Terwyl jy saggies in my arms lê
Of val my woorde op dowe ore vanaand?

En dis nou of nooit
Ek het jou liewer as ooit
Maar hoe gaan ek dit nou doen?
Ek sal jou wakker moet maak met 'n soen

Sê my moet ek saggies praat?
Want fluister is mos duiwelsraad
Moet ek dit voluit skreeu
Of is my woorde klaar te laat?

Sal ek dit hardop sê?
Terwyl jy saggies in my arms lê
Of val my woorde op dowe ore vanaand?

Ek sal jou wakker moet maak met 'n soen

Sê my moet ek saggies praat?
Want fluister is mos duiwelsraad
Moet ek dit voluit skreeu
Of is my woorde klaar te laat?

Sal ek dit hardop sê
Terwyl jy saggies in my arms lê?
Of val my woorde op dowe ore vanaand?

Sê my moet ek saggies praat?
Want fluister is mos duiwelsraad
Moet ek dit voluit skreeu
Of is my woorde klaar te laat?

Sal ek dit hardop sê
Terwyl jy saggies in my arms lê?
Of val my woorde op dowe ore vanaand?

Most popular songs of Kurt Darren

Other artists of