Was Ek Maar 'n Digter
Was ek maar 'n digter
Sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen
En hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink
Asof ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel
Ek sal jou lief hê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die aarde kom
En die wind nie langer waai
Tot daar gras aan die hemelruim groei
Sal ek jou liefhê
Totdat al die woorde
Van my tong verdwyn
Tot die oë beskaam en
Die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê
Dis jy wat my
In gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre
Wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis lae soggens
Laat verdwyn
Ek is net 'n mens
En my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek
Daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak
Is daar iets
Wat ek nog moet sê
Vir ewig liefling sal ek jou liefhê
Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê
Vir ewig liefling sal ek jou liefhê