Elke Mens

U weet ek sê al dankie Heer
Vir soveel jare
U weet ek klou aan U o Heer
En U genade

As ek kyk deur my verlede
Gebou op klein gebede
Sien U 'n man wat bitter min vra wat voor U staan

My beker loop al jare oor
Soos U my seën
My weke, maande, ure oor
Is net geleën

Ek's 'n ryk man van U gawes
Daarom vra ek als behalwe
Iets vir my want ek het als wat ek wil hê

Maak elke mens 'n mens wat iets
Vir iemand anders vra
Gee die kinders van die wêreld
Tog 'n droom om te gaan haal

Gee die boer wat op sy land staan
'n Reën en oes wat hoog staan
Gee 'n ma en pa wat kommer
Die vrede van U hart

Maak elke mens 'n mens wat iets
Vir iemand anders vra

Ek vra U niks vandag vir my
Ek vra U Heer
Dat U dit liewer aan 'n ander
Een sal gee

Daar is hartseer en daar's skeiding
Daar is pyn en soveel lyding
Niks vir my want ek het als wat ek wil hê

Maak elke mens 'n mens wat iets
Vir iemand anders vra
Gee die kinders van die wêreld
Tog 'n droom om te gaan haal

Gee die boer wat op sy land staan
'n Reën en oes wat hoog staan
Gee 'n ma en pa wat kommer
Die vrede van U hart

Maak elke mens 'n mens wat iets
Vir iemand anders vra

Most popular songs of Lance James

Other artists of Middle of the Road (MOR)