Sonskyn en Goud

As ek soms bietjie stil staan en terug dink
Is daar soveel wat ek kan onthou
Van my klein tyd se vreugte en wense
Daardie dae was vol sonskyn en goud

Ek dink weer vanaand aan my ouers
Aan my pa, hy't my so goed geken
My ma bly vir my viredel met tyd
Ek hoor soms die seer in haar stem

Die tyd stap steeds aan ongenadig
En ek sou dit graag anders wou hê
Vir dae van oud vol sonskyn, vol van goud
Sou ek so graag net dankie wou sê

Ek dink weer vanaand aan my ouers
Aan my pa, hy't my so goed geken
My ma bly vir my viredel met tyd
Ek hoor soms die seer in haar stem

Die tyd stap steeds aan ongenadig
En ek sou dit graag anders wou hê
Vir dae van oud vol sonskyn, vol van goud
Sou ek so graag net dankie wou sê
Sou ek so graag net dankie wou sê

Most popular songs of Lance James

Other artists of Middle of the Road (MOR)