Ek Sing Van Die Wind
Ek sing van die wind wat tekeer gaan, ek sing van die reën wat daar val
Ek sing van ons vaal ou Karooland, van blomme wat bloei by die Vaal
Van water wat bruis oor die klippe, van duikers wat draf oor die veld
Van voëls wat daar sing in die bossies, maar nooit nie, nee nooit nie van geld
Van voëls wat daar sing in die bossies, maar nooit nie, nee nooit nie van geld
Vir my sing maar liewers van blomme, van al wat die vlei laat verkleur
Van al wat die sonskyn laat spartel, van voorjaar en najaar se geur
Vir my sing maar liewers van die water, van duikers wat draf oor die veld
Van rotse en branders en wolke, maar nooit nie, nee nooit nie van geld
Van rotse en branders en wolke, maar nooit nie, nee nooit nie van geld