Sweef Soos 'n Arend

Sag, sag blink jou oë
Uit jou gesig
Gloei liefdeslig
Knus, knus in jou arms
Heilig, veilig, warm

Ek het jou nodig hier by my heeldag
Die wêreld oorbodig ons twee ‘n taakmag
En niks kan ons keer
Hy’s in beheer Hy’s ons weerman, stuurman, leidsman

Sweef soos ‘n arend want my liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos ‘n arend so ver soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Sprei, sprei maar jou vlerke
Daar’s steeds ‘n band
Van hand na hand
En maak, maak my jou toevlug
Roep my, soek my, spoedig

Saam is ons alles
Leef ons uitbundig en dit
Wat bedoel is, gee ons ons beste
Niks kan on keer
Hy’s in beheer hy’s ons weerman, stuurman, leidsman

Sweef soos ‘n arend want my liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos ‘n arend so ver soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Soos 'n arend sweef
Soos 'n arend sweef

Sweef soos ‘n arend so ver soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Most popular songs of Monique Steyn

Other artists of Middle of the Road (MOR)